Raak Betrokke

Ondersteunersklubs

Wanneer u kind ‘n Genie word, word julle deel van die Genie-gemeenskap wat deur die rotsvaste fondament van ʼn ryk geskiedenis ondersteun word; een wat reeds sedert 1984 deur leerders, opvoeders en ouers gebou word. Ons moedig ons ouers aan om hierdie mooi tradisie van gemeenskapsbou met ons skool en leerders as middelpunt voort te sit.

Ons ondersteunersklubs bied ouers die geleentheid om presies dit te doen op die volgende maniere:

  • Die bou en voortsetting van verhoudings tussen ouers, leerders, opvoeders en alumni met ʼn passie vir sport en ons skool.
  • Ondersteuning van die skool se sportdoelwitte.
  • Konstante verbetering en bevordering van die algehele welstand van skoolsport.
  • ʼn Platform vir ouers om in die skoolgemeenskap van hulp te wees op ʼn passievolle manier en tot sover hulle in staat is.
  • Die opstel en onderhoud van kommunikasiekanale tussen die skool en ouers.