Algemene
Inligting
Algemene
Inligting
Skooltye
skooltye 2026
Graad 1-3
Graad 1 & 2:
Ma.-Vr.: 07:45-13:15
Graad 3:
Di./Vr.: 07:45-13:15
Ma./Wo./Do.: 07:45-13:45
Graad 4-7
Graad 4 & 5:
Ma.-Do.: 07:45-14:00
Vr.: 07:45-13:30
Graad 6 & 7:
Ma.-Do.: 07:45-14:15
Vr.: 07:45-13:45
Kwartale
Kwartaal 1
14 Januarie-27 Maart 2026
Kwartaal 2
8 April-26 Junie 2026
Kwartaal 3
21 Julie-26 September 2026
Kwartaal 4
06 Oktober-09 Desember 2026
Kwartale 2026
NB: Kwartaaldatums is onderhewig aan moontlike veranderinge deur die WKOD.
Skooluniform
Gene Louw-skoolklere is beskikbaar by:
- De Jagers
Tel: 021 914 7816 - School and Leisure
Tel: 021 914 0495
Webwerf: www.schoolandleisure.co.za - Gene Louw Klerewinkel
Algemene skoolklereitems is beskikbaar by kettingwinkels soos Woolworths, Pep, ens.
Vergelyk gerus, indien moontlik, die voorraad en pryse van die verskillende verskaffers voor u ʼn keuse maak.
Nuwe skoolklere kan by ons aanlynklerewinkel bestel word: store.sticitt.co.za/genelouw/ of via clothing@genelouw.co.za.
Daar is ook ʼn tweedehandse klerebank by die skool.
Skoolfonds
Skoolfonds vir 2026 beloop R29 300 per leerder per jaar en is vooruitbetaalbaar.
Ouers het die volgende opsies vir die betaling van die skoolfonds:
Bedrag |
Afslag |
Bepalings & Voorwaardes |
|---|---|---|
| R 26 370 | R 2 930 | Die volle bedrag via elektroniese oorbetaling teen 31 Desember 2025 |
| R 26 570 | R 2 730 | Die volle bedrag in kontant by die finansiële kantoor teen 14 Desember 2025 |
| R 26 663 | R 2 637 | Die volle bedrag via elektroniese oorbetaling teen 31 Januarie 2026 |
| R 26 863 | R 2 437 | Die volle bedrag in kontant by die finansiële kantoor teen 31 Januarie 2026 |
| R 26 956 | R 2 344 | Die volle bedrag via elektroniese oorbetaling teen 28 Februarie 2026 |
| R 27 156 | R 2 144 | Die volle bedrag in kontant by die finansiële kantoor teen 28 Februarie 2026 |
| R 2 930 | n.v.t. | Maandeliks vanaf Februarie tot November = 10 x gelyke paaiemente van R 2 930 per maand |
| R 2 663.64 | n.v.t. | Maandeliks vanaf Januarie tot November = 11 x gelyke paaiemente van R 2 663.64 per maand |
Finansieskantoorure
Ouers kan die skool se finansieskantoor binne die volgende kantoorure vir navrae en betalings bereik:
Maandag tot Donderdag: 07:30 – 15:30
Vrydag: 07:30 – 15:00
Toelatings
Verklaring van Belange
Aansoek om toelating tot Laerskool Gene Louw
Ons moedig graag alle belangstellende ouers/voogde en voornemende leerders van die omgewing aan om Laerskool Gene Louw as u skool van keuse te oorweeg. Voorkeur word aan leerders woonagtig binne ons voederarea gegee waarna leerders uit ander areas oorweeg word.
Aansoekprosedure 2026
Enige navrae kan gerig word aan:
admissions@genelouw.co.za
Nasorg
Grondslagfase
Leerders uit die Grondslagfase is welkom om gebruik te maak van die nasorgfasiliteite by Pikkie Paradys, aangrensend tot ons skoolgrond.
Meer inligting beskikbaar by 021 976 9496.
intersenfase
Ons bied ʼn nasorgopsie vir Gr. 4-7-leerders aan wat middagete en huiswerktoesig insluit.
Kontak gerus vir Illona Mynhardt by postmaster@genelouw.co.za vir meer inligting.
Leerderondersteuning
Dit is vir ons belangrik om sover moontlik na elke leerder as individu om te sien, op akademiese en emosionele vlak, en seker te maak die leerder ontwikkel tot die beste van hul unieke vermoëns.
Ons Skoolgebaseerde Ondersteuningspan (SGOS) is verantwoordelik vir skakeling, raad en leiding aan die leerondersteuningspan en klasopvoeders rakende die ondersteuning van leerders binne klasverband. Hierdie span word gekoördineer deur mev. Antoinette Stols (Grondslagfase) en mev. Erna Loubser (Intersenfase). Dit sluit ook die kundige insette van ons Berader, mev. Chanel Coetzee, in.
Ons poog om spesifieke opvoedkundige behoeftes, sowel as leer- en emosionele probleme, so vroeg as moontlik te identifiseer en leerders vroegtydig vir geskikte hulp te verwys.
Van die SGOS-spanlede verleen ook akademiese ondersteuning in samewerking met die interne leerondersteuningspan van onderwysers vóór, tydens en ná skool aan groepe leerders wat aanvullende ondersteuning in Wiskunde, Engels en Afrikaans benodig.
Mev. Liezl Janse van Rensburg dien as bykomende lid van die Leerondersteuningspan. Sy bied leerondersteuning aan groepe leerders uit beide die Grondslagfase en Intersenfase.
Beleide
Gedragskode
Toelatingsbeleid
Godsdiensbeleid
Taalbeleid
Merietebeleid
Beleide
Gedragskode
Toelatingsbeleid
Godsdiensbeleid
Taalbeleid
Merietebeleid
Merietebeleid
Bankbesonderhede
STANDARD BANK
Laerskool Gene Louw
Rekeningnommer: 272 723 258
Takkode: 51001
Verwysing: Leerder se verwysingsnommer soos op staat
